GAUTENG. – ‘n Voetganger is Dinsdagmiddag in ‘n motorfietsongeluk op die N14 naby Knoppieslaagte in Centurion oorlede.
CERT (Community Emergency Response Team) sê die voetganger is noodlottig gewond en die motorfietsbestuurder het kritieke beserings opgedoen. Die motorfiets het die man wat die pad oorgesteek het, getref.
Die motorfietsbestuurder is op die toneel gestabiliseer, waarna hy deur ‘n Netcare911-lugambulans in ‘n kriteke toestand na ‘n hospitaal vervoer is.
Omstandighede van die ongeluk word deur die polisie ondersoek.
CERT bedank Netcare911 , Emer-G-Med (Pty) Ltd , Gauteng Emergency Medical Services , Gauteng Traffic Police, Tshwane Metropolitan Police Department, Tshwane Emergency Services Department , SAPS, Rooihuiskraal / The Reeds CPF – Wierdabrug Sector 2 , First Help Towing Services en alle ander dienste vir ondersteuning op die toneel.





