Voetganger twee keer raakgery

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Voetganger is Sondag deur twee voertuie raakgery terwyl hy die Gopalall Hurbanspad naby Frasers probeer oorsteek het.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die diens is omstreeks 19:30 vir hulp na die toneel ontbied. Daar is vasgestel die man is deur ‘n Land Rover gestamp, waarna ‘n tweede voertuig oor hom gery het. Beide die voertuie, waarvan die registrasienommers onbekend is, het van die toneel weggery.

Die voetganger het verskeie beserings opgedoen en is deur twee paramedici, wat van diens af was, gestabiliseer, voordat hy privaat na ‘n mediese fasiliteit vervoer is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief