Voorkom só dat jou emosies tydens die feestyd die oorhand kry

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Die einde van die jaar, met al sy feesvieringe en samekomste, is spesiaal, maar tog plaas dit ongemerk groot druk op emosionele en geestesgesondheid. Volgens kenners kan die wilde ritme, verwagtinge en gesinsdinamika tydens hierdie tyd maklik lei tot stres, angs of selfs ‘n diep daling in gemoedstoestand.

Emosies kan jou oorrompel wanneer die druk om alles prerfek te laat lyk – geskenke, etes en kuiers – onrealistiese verwagtinge skep wat vinnig tot teleurstelling kan lei. Boonop lig familiebyeenkomste oor die feestyd dikwels spanning en onverwerkte “geskiedenis” uit. Finansiële las, reis, die koop van geskenke en gaste verhoog die risiko vir emosionele uitputting. Selfs vir mense sonder ’n voorafbestaande geestesgesondheidsuitdaging kan só baie sosiale en emosionele verwagtinge die “feestydblues” laat ontstaan.

Hoe kan jy voorkom dat jou emosies die oorhand kry en jou oorrompel?

  • Aanvaar dat nie elke oomblik perfek sal wees nie.
  • Fokus op die sake wat vir jou werklik belangrik is.
  • Sê “nee” wanneer nodig. Jy hoef nie by elke uitnodiging en verantwoordelikheid betrokke te wees nie. Jou geestesgesondheid verdien ook prioriteit.
  • Handhaaf jou gesonde roetine – slaap, voeding, liggaamsbeweging en rus is nie “nice to have” nie, dit vorm die fondament van jou emosionele veerkragtigheid.
  • Skep gesonde grense in verhoudings, wees duidelik oor hoeveel tyd jy met familie of by byeenkomste wil deurbring. Stel grense as dit te uitputtend raak.
  • Oefen dankbaarheid en bewustheid (mindfulness) deur jou aandag heeltyd te verskuif na die huidige oomblik en te fokus op waarvoor jy dankbaar is, sodoende verminder jy die oorweldigende gedagtes oor wat dalk kan misluk.
  • Vra hulp indien gevoelens van eensaamheid, skaamte, angs of verlange groter raak, moenie wag nie. Professionele ondersteuning kan ‘n verskil maak.

Wat moet dus op jou doen-lysie wees?

  • Prioritiseer die uitnodigings en pligte wat sin maak.
  • Skeduleer stiltetyd, selfs al is dit net 10 minute se stilte, diep asemhaling of ‘n stappie.
  • Stel ’n begroting op vir geskenke en uitgawes om finansiële stres te verminder.
  • Indien jy met verlies of eensaamheid sit, erken dit en maak ’n plan om oor jou gevoelens te praat. Onthou dit is aanvaarbaar om nie heeltyd vrolik te voel nie. Emosies kan wissel.

Die feestyd hoef jou nie te oorrompel nie. Deur ­die nodige stappe en bewuste besluite te neem, kan jy hierdie tyd gebruik om dikwels onverwagte vrede te vind, eerder as net viering. Jy kan sodoende ‘n gebalanseerde, betekenisvolle en emosioneel gesonde tyd aan die einde van die jaar beleef.

Bronne: Lenmed, SACAP, Mediclinic, UC Davis Health, National Copucil on Aging

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief