Voormalige aanklaer in hof op korrupsie-aanklagte

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Siphokazi Magangana, ’n voormalige distriksaanklaer by die Johannesburg-landdroshof, en Yandisa Yolanda Jam Jam, haar beweerde medepligtige, het op aanklagte van korrupsie en geldwassery in die Roodepoort-landdroshof verskyn.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die NVG, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die aanklagte spruit uit bewerings dat Magangana geld van kwesbare lede van die publiek wat desperaat was vir werk, gevra het. In Augustus 2022 het sy glo drie persone oorreed om elk R10 000 in Jam Jam se bankrekening te betaal. In ruil vir die geld sou die drie permanente aanstellings as aanklaers kry, sonder om enige onderhoude te doen. Toe hierdie belofte nie nagekom is nie, het die drie in Mei 2023 ‘n saak by die kantoor vir etiek en aanspreeklikheid van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) aangemeld. In Desember 2023 het dié eenheid aanbeveel dat die saak na die NVG se eenheid vir arbeidsverhoudinge vir dissiplinêre optrede verwys moet word en dat Magangana van korrupsie en bedrog aangekla word.

Albei beskuldigdes bly in aanhouding en sal weer op 20 Junie vir ‘n moontlike borgtogaansoek in die hof verskyn.

Mjonondwane waarsku die publiek om nie slagoffers van vals beloftes te word nie. Die NVG volg ’n amptelike en deursigtige aanstellingsproses waarin geen betaling vereis word nie. Werksgeleenthede word op die amptelike webtuistes bekend gemaak.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief