Lees ook: Saak teen man uitgestel wat glo blitspatrollielede doodskiet
PARYS, FRANKRYK. – Die voormalige All Blacks-speler, Byron Kelleher, is in ‘n Paryse hof skuldig bevind en vir gesinsgeweld gevonnis.
Kelleher is ‘n opgeskorte vonnis van ses maande vir gesinsgeweld teen sy voormalige meisie opgelê. Hy moet ook ‘n boete van €1,000 betaal en €800 aan sy voormalige meisie.
Kelleher het sy voormalige meisie aangeval terwyl hy dronk was. Sy het in die hof gesê hy het haar aan haar hare in ‘n gang af gesleep.
Kelleher het die bewerings ontken en het gesê sy het hom aangeval en hy het hom net verdedig deur haar aan die gewrigte te gryp. Hy het ook gesê hy was nie dronk nie.
Kelleher was in 2009 in ‘n alterkasie met die polisie na hy in ‘n geveg na ‘n ongeluk betrokke was terwyl hy dronk was. Hy is ook in 2013 in hegtenis geneem vir dronkbestuur. Kelleher moes in 2017 ‘n boete betaal na nog ‘n gesinsgeweldvoorval met ‘n ander vrou.
Bronne: Planet Rugby, Sport Now, IOL
Lees ook: Saak teen man uitgestel wat glo blitspatrollielede doodskiet





