
GAUTENG. – Mark “Striker” Strydom (54), ‘n voormalige swaargewigbokser, is Saterdag buite die Grand Slam Sportsdiner in Elmstraat in Edenvale doodgeskiet.
Strydom was glo as ‘n uitsmyter aan diens toe daar volgens ‘n berig van Eye Wittness News ‘n vuurwapen op ‘n vrou gerig is en Strydom daarna doodgeskiet is.
Kol. Noxolo Kweza het aan Nuusflits bevestig die Edenvale-polisie ondersoek ‘n moorddossier.
“‘n Verdagte is gearresteer en sal vandag in die Germiston-landdroshof verskyn.”
Mark “Striker” Strydom was shot dead last night on the East Rand.
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) July 21, 2024
In a 2000 report, a media said: “One of the most notorious thugs in Johannesburg's southern suburbs says he has found God and given up his violent ways – but police and some of his victims aren't convinced.”…





