Lees ook: Kabelo Gwamanda bedank as burgemeester van Johannesburg
JOHANNESBURG. – Die voormalige burgemeester van Johannesburg, Kabelo Gwamanda, is vry op borg na hy homself Vrydag aan die polisie oorgegee het. Hy is aangekla van bedrog.
Gwamanda, tans burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsontwikkeling, het glo in 2011 begrafnispolisse aan inwoners van Soweto verkoop, maar die polishouers kon agterna nie sy kantoor opspoor na hulle eise ingestel het nie.
Sy party, Al Jama-ah, het gesê hulle staan by Gwamanda en het hom geprys vir sy “dapperheid” en sy samewerking met die polisie.
Bronne: SABC News, The Citizen, BusinessLIVE
Lees ook: Kabelo Gwamanda bedank as burgemeester van Johannesburg





