Voormalige finansiële beampte by skool 10 jaar agter tralies

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Larrisa Aloma Vern (52), ’n voormalige finansiële beampte by Laerskool Delmas, is Donderdag deur die plaaslike streekhof tot 10 jaar direkte tronkstraf gevonnis nadat sy voorheen aan bedrog van meer as R2.7 miljoen skuldig bevind is.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die NVG, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits Vern is skuldig bevind op 94 aanklagte van bedrog en 553 aanklagte van geldwassery wat tussen Maart 2022 en Oktober 2023 in haar dienstermyn gepleeg is. Die hof het gesê sy het haar posisie misbruik om die skool se bankstelsel te manipuleer en het talle bedrieglike betalings in haar persoonlike rekening inbetaal. Dié geld daarna na subrekeninge oorgeplaas en vir persoonlike gewin aangewend. Sy is in Februarie 2024, ná ‘n wenk, vir die ongemagtigde uitbetaling van ‘n bonus aan haarself in hegtenis geneem, waarna die Valke die saak ondersoek het.

Vern en die staat het ‘n pleit- en vonnisooreenkoms aangegaan. Sy het op al die aanklagte skuld beken. Die skoolhoof het getuig oor die ernstige impak van die diefstal, wat geldelike verlies en ontwrigting van die skool se bedrywighede, verhoudings en ontwikkelingsbeplanning ingesluit en veroorsaak het.

Vern is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan 5 jaar vir 5 jaar opgeskort is, op voorwaarde dat sy nie gedurende dié tyd aan ’n soortgelyke oortreding skuldig bevind word nie. Op die geldwassery-aanklagte is ’n vonnis van 10 jaar opgelê, met al die aanklagte saamgeneem as een. Die hof het gelas dat die vonnisse gelyktydig uitgedien word, wat ’n effektiewe vonnis van 10 jaar direkte gevangenisstraf beteken.

Die batebeslagleggingseenheid in die provinsie het ‘n aansoek bebring om die opbrengs van die misdaad te verhaal. Die aansoek word teengestaan en sal op 3 Julie aangehoor word.

Lees ook hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief