Skool se finansiële beampte bly in aanhouding

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Larrisa Aloma Vern (52), voorheen die finansiële beampte van Laerskool Delmas, bly op aanklagte van bedrog in aanhouding, nadat sy Dinsdag in die landdroshof verskyn het.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê Vern se saak is vir ‘n formele borgtogaansoek tot 19 en 20 Februarie uitgestel. Sy is op 9 Februarie in hegtenis geneem.

Vern is in Desember 2021 as finansiële beampte aangestel om betalings vir dienste gelewer te maak, salarisse aan onderwysers wat deur die skool se beheerliggaam aangestel is te betaal, kontant vir verkope deur die skool gemaak te ontvang, die skool se begroting te bestuur en seker te maak uitgawes oorskry nie die begroting nie, die kleinkas te hanteer en deposito’s by die bank te maak.

Sekgotodi sê op 25 Oktober 2023 het die klaer inligting ontvang van Vern wat glo twee bonusse aan haarself betaal het. ‘n Ondersoek het plaasgevind en daar is ontdek sy het glo op 20 Oktober R22 543 aan haarself oorbetaal wat nie gemagtig was nie. Verder is ‘n bedrag van R2 665 007.34 glo in vier Capitec-rekenings wat aan Vern behoort van die skool se bankrekening oorbetaal. Een van die rekenings het selfs meer as een inbetaling met verskillende verwysings ontvang. Na bewering het sy gedurende die oorbetalings die name van rekeninghouers wat aan die skool bekend is, gebruik.

Lees ook hier.

Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief