Voormalige hoogspringkampioen vermis

Lees ook :

Foto's: Chrissie Lewis

Jacques Freitag (42), voormalige hoogspringkampioen, is sedert 12 Junie vermis.

Chrissie Lewis, Freitag se suster, het op sosiale media bekendgemaak dat hy vermis is: “With sadness to say. We have to report that my brother JACQUES FREITAG is MISSING. LAST SEEN ALIVE 12 JUNE. He has been dropped off in a bush in BOOYSENS Pretoria West. PLEASE. If there is any info please contact me at 0796140996.”

ICE Community Network sê Freitag is by sy ma se huis in Bronkhorstspruit opgelaai en by ‘n gastehuis in Booysens, Pretoria, afgelaai. Hy word sedertdien vermis.

Freitag was in ‘n blou denimbroek en swart baadjie geklee. Hy is 2.04 m lank en weeg 83 kg, het bruin hare en groen oê.

Indien enigiemand weet waar hy hom bevind, kan sy suster by bogenoemde nommer gebel word. Alternatiewelik kan Pretoria-Wes-polisie by 012-327 4907, ICE Community Network by 079 614 0996 of Missing Children SA by 072 647 7464 gekontak word.

Freitag, wat in Bronkhorstspruit grootgeword het, is een van net 10 atlete wat die wêreldtitel op o.19, o.20 en as senior kon wen.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief