Voormalige Kaizer Chiefs-verdediger Siphiwe Mkhonza oorlede

Lees ook :

Voormalige Kaizer Chiefs-verdediger Siphiwe Mkhonza oorlede
Voormalige Kaizer Chiefs-verdediger Siphiwe Mkhonza oorlede fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Prins Michael van Kent se skoonseun dood van kopwond

ROODEPOORT. – Die voormalige Kaizer Chiefs-verdediger Siphiwe Mkhonza (45) is vanoggend oorlede na ‘n lang stryd teen ‘n nierinfeksie.

Mkhonza is verlede maand in die Charlotte Maxeke-hospitaal opgeneem en is ontslaan na hy tekens gewys het dat hy gesond begin raak. Sy meisie het hom by hulle huis in Roodepoort versorg.

Mhkonza, wat bekend is as Dr. Mnandi by die SABC waar hy gewerk het, word oorleef deur sy drie kinders, sy pa, sy ma en sy broer.

Hy het vir byna twee dekades sokker gespeel. Mkhonza het in 1999 by Bloemfontein Celtic begin voor hy in 2012 afgetree het na hy vir die Black Leopards gespeel het. Mhkonza het ook vir Bafana Bafana, Ria Stars, SuperSport United, Amazulu FV en Martizburg United gespeel.

Bronne: The Citizen, SA People, TimesLIVE

Lees ook: Prins Michael van Kent se skoonseun dood van kopwond

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief