Voormalige munisipale bestuurder van Karoo tronkstraf opgelê

Lees ook :

Foto: Facebook

NOORD-KAAP. – Louis Nothnagel (63), ‘n voormalige munisipale bestuurder van die Karoo Hoogland-munisipaliteit, is Dinsdag vir diefstal en oortreding van die wet op munisipale finansiële bestuur effektief tronkstraf opgelê.

Lt.kol. Tebogo Thebe, woordvoerder vir die Valke, sê die Kimberley- kommersiële misdaadhof het Nothnagel gevonnis vir misdade waarop hy reeds op 16 Julie 2024 skuldig bevind is. Die hoof- finansiële bestuurder is saam met Nothnagel aangekla, maar het ná sy inhegtenisneming in Februarie 2013 gesterf.

“Die voormalige munisipale bestuurder en die finansiële hoof het saamgespan en prestasiebonusse aan mekaar betaal terwyl hulle by die munisipaliteit was, sonder die nodige raadsgoedkeuring en in stryd met toepaslike regulasies,” sê Thebe.

Arina Botha (53), die vrou van die afgestorwe hoof- finansiële bestuurder, is ook op aanklagte van diefstal en geldwassery skuldig bevind en is tot 5 jaar direkte tronkstraf gevonnis. Sy is voorts beveel om R200 000 aan die staat terug te betaal.

Nothnagel is tot vier jaar direkte tronkstraf gevonnis en beveel om R500 000 aan die staat terug te betaal.

Louis Nothnagel het op 25 Mei 2017 die volgende plasing op sosiale media gedeel: “Daar verskyn sedert gister berigte op sosiale media dat ek as voormalige Munisipale Bestuurder van Karoo Hoogland saam met andere skuldig bevind is aan korrupsie en diefstal en geldwassery…dit is nie waar nie…die ander beskuldigdes in die betrokke saak is wel daaraan skuldig bevind…ek is skuldig bevind aan nalatigheid, aangesien die betrokke gebeure tydens my termyn as munisipale bestuurder plaasgevind het en wetgewing bepaal dat die munisipale bestuurder die rekenpligtige beampte is vir gebeure binne die munisipaliteit…die Streeklanddros het ook in haar uitspraak vermeld dat my nalatigheid nie doelbewus was nie…die valse beriggewing is uiters vernederend vir my familie en verder is dit skokkend dat berigte van hierdie aard deur die media geplaas word sonder dat die korrektheid vd feite geverifieer word.”

Op 31 Augustus 2017 sê hy: “Ek deel graag met groot verligting en dankbaarheid die volgende. Die kriminele saak waarin ek skuldig bevind is aan nalatigheid is gister afgehandel…die ander 2 beskuldigdes het elk effektiewe tronkstraf gekry…5 jaar en 8 jaar onderskeidelik…ongelukkig is hule aansoek om verlof tot APPEL gist aand laat geweier…ek het net n boete van R 5000 gekry…so dankbaar vir my gesin en vriende se ondersteuning en hulle geloof in my dat ek nie skelm was nie…dis wonderlik om vry te wees…”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief