Die Suid-Afrikaanse regering doen ’n beroep op vroeëre begunstigdes van die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) om hulle lenings te begin terugbetaal.
Alle lenings wat deur die skema aan studente gegee word, is terugbetaalbaar sodra die student afstudeer, die universiteit verlaat, begin werk het en meer as R30 000 per jaar verdien.
Die skema het bank- en kontakbesonderhede aan voormalige beurshouers verskaf.
Nie alle studente het van die oproep tot terugbetaling gehou nie. Sommiges meen dit is absurd om dit te verwag, aangesien afgestudeerdes juis sukkel om werk te kry.
Ander wonder weer waarom die skema nie voormalige begunstiges self kan opvolg nie. Diegene wat navrae oor die terugbetalings het, kan die skema by [email protected] kontak.

Bronne: SA Government, Career Portal

