Voormalige polisiebeampte en makker wat bejaarde ‘bedrieg’ in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. -Die voormalige konstabel, Thembi Aretha Mhlanga (47), en Sarel Sithole (37) het glo ‘n bejaarde uit pensioengeld bedrieg. Mhlanga is op borg van R1 000 vrygelaat, maar Sithole bly weens vorige uitstaande sake in aanhouding.

Lt.kol. Jabu Ndubane sê ‘n bejaarde vrou (71) van Masoyi is glo op 3 Januarie deur twee vroue genader en hulp aangebied toe sy haar pensioengeld by ‘n OTM wou onttrek. Daar is na bewering vir haar gesê daar is nie internetopvangs by die OTM nie en sy is aangeraai om geld by ‘n supermark te onttrek.

By die supermark het die slagoffer opgemerk haar bankkaart is omgeruil. Tydens aanmelding van die gebeure in Hazyview is opgemerk R1 700 is reeds uit die rekening onttrek. ‘n Saak is by die polisie geopen. Die verdagtes is Maandag in hegtenis geneem en van bedrog aangekla. Mhlanga was voorheen by Skukuza-polisiestasie gestasioneer. Beide het Woensdag in die Kabokweni-landdroshof voorgekom.

Die saak kom weer op 15 Januarie in die Masoyi- periodieke hof voor.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief