Voormalige polisiebeampte wat skokstok op bejaarde (95) gebruik, lig gevonnis

Lees ook :

Voormalige polisiebeampte wat skokstok gebruik het op bejaarde (95) gevonnis, geen tronkstraf fotokrediet: X

AUSTRALIË. – Die voormalige polisiebeampte wat die dood van ’n bejaarde by ’n ouetehuis veroorsaak het na hy ’n skokstok op haar gebruik het, is gevonnis.

Lees ook: Polisie in Australië raak ontslae van skokstokke met kameras na dood van ouma (95)

Kristian White het in Mei 2023 ’n skokstok op Clare Nowland (95) gebruik na sy met ’n klein kombuismessie rondgeloop het.

In beeldmateriaal het hy haar beveel om die mes te laat val terwyl hy sy wapen op haar gerig het. Hy het toe gesê “Bugger it” en die skokstok op haar gebruik. Sy het geval en haar kop gestamp, wat breinbloeding veroorsaak het, wat tot haar dood gelei het.

White het gesê hy wou ’n “gevaarlike konfrontasie voorkom,” maar is verlede jaar skuldig bevind aan manslag na ‘n jurie bevind het sy aksie teen Nowland, wat simptome van demensie gehad het, “heeltemal uit proporsie was”.

Die regter in die saak het beslis White se aksies was ’n “ongeluk” en dat hy voel tronkstraf is onnodig, aangesien White reeds sy werk verloor het, respek verloor het in die gemeenskap en nie weer so iets sal doen nie. Hy het ook gesê dit sal vir White moeilik wees om in die tronk te wees omdat hy ’n polisiebeampte was. White is tot twee jaar gemeenskap korrektiewe bevel en 425 uur gemeenskapdiens gevonnis.

Nowland se familie het hulle teleurstelling uitgespreek met die ligte vonnis wat White gekry het.

Bronne: BBC, The Independent, 9News

Lees ook: Polisie in Australië raak ontslae van skokstokke met kameras na dood van ouma (95)

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief