Voormalige polisiebeamptes op verskeie aanklagte gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Jonathan Jerome Plaatjies en Morne Albert Britton Fasser, voormalige polisiebeamptes, is deur die Bellville- kommersiële misdaadhof vir afpersing, korrupsie en regsverydeling gevonnis.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê die twee voormalige polisiebeamptes is na ‘n suksesvolle lokval, waartydens hulle geld van Sumaya Kennedy probeer bekom het, tot agt jaar direkte tronkstraf vir afpersing, nege jaar direkte tronkstraf vir korrupsie en ses jaar direkte tronkstraf vir regsverydeling gevonnis.

Sumaya Kennedy het ‘n saak van die besit van dwelms teen haar gehad toe sy op 30 Julie 2014 deur Plaatjies vir ‘n ontmoeting gebel is. Daar moes gekyk word of “iets” aan haar saak gedoen kan word. Tydens die ontmoeting het Fasser gewaarsku sy kon haar huis verloor en voorgestel hy kan haar help, wat R10 000 sou kos. Kennedy het die geld aan Fasser oorhandig en hy sou deur Plaatjies met haar werk. Op 7 Augustus 2014 is ‘n tweede ontmoeting oor nuwe inligting op die dossier gereël. Meer mense het glo betaling gesoek en hierdie keer was die bedrag R40 000. Kennedy het Plaatjies en Fasser aan ‘n senior polisiebeampte gerapporteer.

‘n Wetlike lokval is deur die kantoor van die direkteur van openbare vervolging toegestaan. Tydens ‘n derde vergadering op 18 Augustus 2014 het Kennedy ‘n toestel vir video- en klankopnames gedra. Die R40 000 is deur kapt. Grill as deel van die lokval voorsien en Kennedy het vir Plaatjies en Fasser ontmoet. Met oorhandiging van R40 000 sou die dossier teen Kennedy voor haar verbrand word. Die ontmoeting het in ‘n staatsvoertuig plaasgevind en tydens betaling het Kennedy ‘n sein aan die Valke teenwoordig gegee, waarna Plaatjies en Fasser in hegtenis geneem is. Die geld is in die paneelkissie van die voertuig gevind.

Ses persone het in die hof getuig.

Ntabazalila sê Fasser het hom tot die hoogste hof van appèl gewend en sy saak verloor. Adv. Jonas kon bo redelike twyfel bewys dat die beskuldigdes aan die aanklagte teen hulle skuldig was. Buiten die vonnis is Plaatjies en Fasser onbevoeg om ‘n vuurwapen te besit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief