Voormalige polisiebeamptes vir ‘transitoroof’ in aanhouding

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – Zachariah Magopa en George Phaahla, beide voormalige polisiebeamptes, het Woensdag op aanklag van transitoroof in die Vaalbank-landdroshof verskyn. Beide bly in aanhouding.

Lt.kol. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder vir die Valke, sê die twee is met uitgereikte lasbriewe, op aanklag van ‘n R5.8 m. transitorooftog, gearresteer.

Die inhegtenisnemings spruit uit ‘n misdaad wat op 1 Februarie 2021 gepleeg is, toe ‘n G4S gepantserde kontantwa in die Senotlelo-gebied deur ‘n onbekende groep mans aangeval is. Die rooftog is deur die ernstige georganiseerde misdaadondersoekeenheid in Middelburg ondersoek. Gedurende die ondersoek is twee beamptes van Vaalbank-polisiestasie as verdagtes van die transitoroof geïdentifiseer. Daar is verder onthul sers. Phaahla het met ‘n staatsvoertuig vuurwapens in Kwamhlanga gekry en aan konst. Magopa gegee. Hierdie vuurwapens is in die uitvoering van die misdaad gebruik.

Phaahla en Magopa het tydens aanhouding bekentenisse afgelê. Voertuie wat in die misdaad gebruik is, is opgespoor. ‘n Onbekende bedrag geld is van Magopa gekonfiskeer. Beide het op 11 Februarie 2021 in die Vaalbank-landdroshof verskyn.

Sekgotodi sê Bongumusa Jele is as derde verdagte in Kanyamazane gearresteer. Die saakdossier is na verskeie hofverskynings weens uitstaande forensiese verslae op 25 Augustus 2021 van die rol by Vaalbank-landdroshof geskrap.

Na die voltooiing van die ondersoek is die dossier aan die openbare beskermer verwys. Al drie die verdagtes is weer gearresteer en die saak weer op die hofrol geplaas. Magopa is op 17 Desember met die lasbriek in Siyabuswa gearresteer en in Vaalbank aangehou, terwyl Phaahla op 18 Desember by sy werksplek in hegtenis geneem is.

Na die hofverskyning is die saak tot 27 Februarie 2025 uitgestel. Die uitstel is weens nog ‘n uitstaande verdagte vir nog ‘n transitorooftog wat ‘n gevangene in die Witbank-tronk is.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief