GAUTENG. – Khomotso Phahlane, die voormalige waarnemende polisiekommissaris, en nog ander beskuldigdes, se beweerde bedrog-en-korrupsiesaak van R54 m. is tot 3 Julie uitgestel.
Henry Mamothame, woordvoerder vir die NVG se ondersoekdirektoraat, sê die saak is vir openbaarmaking en oorplasing vanaf die Pretoria- gespesialiseerde kommersiële misdaadhof na die Pretoria-streekhof, uitgestel.
“Die staat is beveel om ‘n uitstaande dokument teen 17 Mei 2024 aan een verdedigingsprokureur bekend te maak.”
Phahlane, sogenaamde Top Cop, lt.kol. Godfrey Mahwayi, genl.maj. Maanda Obert Nemutandzhela, genl.maj. Mankosana Agnes Makhele en die twee sakemanne, Inbanathan Kistiah en Avendra Naidoo, word deur aanklagte van bedrog, kurrupsie en oortredeing van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA) wat verband hou met twee kontrakte ter waarde van ongeveer R54 miljoen, in die gesig gestaar.
Die hofverskynings kom nadat die #FeesMustFall-protesaksies van studente gedurende Oktober 2015 tot openbare geweld gelei het wat die polisie moes stabiliseer.
“Die polisie se misdaadintelligensie-afdeling het na bewering op 21 Desember 2016 ‘n noodverkryging van sagteware-instrumente of -stelsels van RIPJAR begin. Van die sagteware was bedoel om inligting van sosialemediaplatforms oor die aanhitsers van die studentebetogings in te samel en te monitor.”
Dit het egter geblyk dat hierdie “nood”-reaksiemaatreëls in Desember 2016 tot stand gekom het terwyl die betoging reeds in Oktober 2015 begin het. Daar is ook glo gepoog om die RIPJAR-sagteware van ‘n maatskappy vir sekuriteitsalarms en toesigkameras te verkry en nie van ‘n sagtewaremaatskappy nie. Dit het verder aan die lig gekom die mededingende maatskappye is vriende en na bewering betrokke by “cover quoting.”
“Die “cover quoting” is aan Kistiah verskaf, deur die voormalige man van die enigste direkteur van ‘n maatskappy genaamd Perfect Source, wat ‘n menslikehulpbronwerwingsmaatskappy was.
“Nog mobiele kommunikasie-enkripsie-sagteware bekend as Daedalus, wat uitsluitlik gebruik is om oproepe te enkripteer en selfoonrekords en boodskappe uit te vee, is verkry deur af te wyk van standaard verkrygingsprosesse, met die kontrak wat op dieselfde dag onderteken is en ‘n dag na goedkeuring, op 22 Desember, is ‘n betaling gemaak. Die sagteware is ook gebruik om stemoproepe wat deur die SAPD-bestuur gemaak is te enkripteer, toe Phahlane deur Opod vir die blou-lig-polisietender en ander onreëlmatige verkrygings toe hy as polisiekommissaris waargeneem het, ondersoek is.”
Al die verdagtes, wat op borg vrygelaat is, word weer Julie in die hof verwag, wanneer die saak hervat word.





