Voormalige polisiekolonel vir seksuele aanranding gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Vivani Vivian Zuma (55) is tot ses jaar direkte tronkstraf in die Scottsburgh-streekhof vir die seksuele aanranding van twee vroue gedurende 2018 en 2019 gevonnis.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder vir die NVG, sê die misdade is gepleeg terwyl Zuma die rang van kolonel as die stasiebevelvoerder van Umzinto-polisiestasie beklee het. Zuma het tussen Augustus 2018 en September 2019 die vroue, wat sy ondergeskiktes was, seksueel aangerand. Zuma het die aanklagte teen hom ontken en gesê hy was met beide vroue in ‘n verhouding en die interaksie het met toestemming gepaardgegaan. Die hof het egter Zuma se weergawe verwerp.

Die vroue het in die hof ontken dat hulle met Zuma in ‘n verhouding betrokke was en die kollegas aan wie die vroue eerste gerapporteer het, het ook in die hof getuig. Ter verswaring is slagofferimpakverklarings aan die hof oorhandig. Een van die klaers het gesê sy is met posttraumatiese stresversteuring (PTSV) en depressie gediagnoseer, ervaar paniekaanvalle en is angstig. Die tweede klaer het gesê sy het mediese uitgawes vir beradingsdienste aangegaan. Sy ervaar ook paniekaanvalle en het sosiaal onttrek.

Zuma is gevonnis en ongeskik verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief