Voormalige polisielid in hof op klag dat sy seun onregmatig uit tronk haal

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Nokulunga Gumede (59), ‘n voormalige polisiekaptein, het Woensdag vlugtig in die hof verskyn op ‘n aanklag dat sy haar biologiese seun onregmatig uit die Westville-tronk gehaal het.

Lt.kol. Simphiwe Mhlongo sê Gumede was die speurtakbevelvoerder by KwaMakhutha-polisiestasie toe sy glo op 17 April 2020 sonder dokumente van die hof of kennis van die ondersoekbeampte haar seun, wat aangehou was vir aanranding met die opset om ernstig te beseer, uitgeboek het.

Covid-19 beperkinge het gegeld, maar Gumede het haar seun hof toe geneem terwyl sy saak nie op die rol geplaas was nie. Daarna het sy hom huis toe geneem.

‘n Saak van belemmering om die gereg sy verloop te laat neem en die ongemagtigde verwydering van ‘n gevangene uit ‘n korrektiewe sentrum is gerapporteer. Die Valke in Durban het die saak ondersoek en ‘n dagvaardiging is uitgereik, waarna Gumede Woensdag in die hof verskyn het. Sy is op ‘n waarskuwing vrygelaat vir die saak wat tot 27 Maart uitgestel is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief