Voormalige polisiesersant vir moord van taxibestuurder gevonnis

Lees ook :

LIMPOPO. – Sers. Pitsiyekgolo Jafta Rachoene (43) is vir die moord op Desmond Muhkuba deur die Polokwane-streekhof gevonnis. Rachoene het Mukhuba ná ‘n ongeluk geskiet

Phaladi Shuping, woordvoerder vir die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê in ‘n verklaring Rachoene was op 4 Junie 2022 van diens. Hy het in Landdros Mare-straat teen Mukhuba se minibus gebots. Hy het daarna sy dienspistool uitgehaal en Mukhuba in die bors geskiet. Mukhuba is op die toneel dood.

Rachoene is ná ‘n Opod-ondersoek aangekla en deur die hof skuldig bevind aan die moord. Hy is 20 jaar direkte gevangenisstraf opgelê. Benewens tronkstraf is hy ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief