Voormalige prokureur tronk toe wat geld uit oorledene se boedel steel

Lees ook :

Voormalige prokureur tronk toe wat geld uit oorledene se boedel steel Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Sello Mabena (54), ‘n voormalige prokureur, is deur die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof in Palm Ridge vir die diefstal van meer as R1.3 m. uit ‘n boedel gevonnis.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder vir die NVG, sê Mabena is direk tot sewe jaar gevangenisstraf gevonnis. Die klaer het ‘n saak by die polisie aanhangig gemaak, waarna Mabena in hegtenis geneem is.

“Die 54-jarige, wat in 2007 van die rol van praktiserende prokureurs geskrap is, is aan bedrieglike aktiwiteite wat verband hou met die boedel van wyle Phyllis Debie Tepper skuldig bevind. Hy is as die administrateur van haar boedel aangestel, maar ‘n ondersoek het aan die lig gebring dat sy aanstelling bedrieglik was.”

Mabena het meer as R1.3 m. van die oorledene se boedel in sy eie bankrekening inbetaal.

“Die fondse is vir persoonlike uitgawes, insluitend salarisse, gebruik. Sy maatskappy, Banchivis Property Holdings, het ook R800 000 uit die boedel ontvang.”

“Mjonondwana sê verdere ondersoek het onthul die vermeende eksekuteur van die boedel, Ben Lepley, is in 2015 oorlede en was nie getroud nie, anders as eise wat tydens die aanstellingsproses gemaak is. Die beskuldigde het die aanklag wat teen hom gebring is, ontken en onskuldig gepleit.”

William Nonyana, die senior staatsadvokaat, het aan die hof voorgehou Mabena het met opet vervalste briewe van eksektuteurskap geskep en ‘n handtekening van ‘n beampte van die meester van die hooggeregshof vervals. Hy het verder dokumente gefabriseer om die geld in die hande te kry.

“Die hof het Mabena as patologiese leuenaar bestempel weens sy konsekwente bewerings dat hy die gesteelde geld terugbetaal, ondanks bewyse van die teendeel. Mabena se herhaalde vals bewerings het daartoe gelei dat die hof sy geloofwaardigheid bevraagteken het, wat uiteindelik die uitslag van die saak beïnvloed het.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App