Brekende Nuus
Afrikaans

Voormalige rekenmeester skuldig aan bedrog van meer as R17 m.

Foto: SAPD
Foto: SAPD

OOS-KAAP. – Liezel Badenhorst (44), ‘n voormalige rekenmeester van ‘n regsfirma in Gqeberha, is op 4 September in die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof skuldig bevind aan bedrog ter waarde van meer as R17 m.

Volgens AO Ndiphiwe Mhlakuvana is Badenhorst op 24 Julie in hegtenis geneem en dieselfde dag op borg van R10 000 vrygelaat. Die hof het bevind dat sy tussen 2018 en 2023 ongemagtigde transaksies uitgevoer het, betreffende kliënte se beleggingsfondse, trustkwitansies, en betalings. Die Valke het ‘n ondersoek van stapel gestuur nadat teenstrydighede in die firma se finansiële rekeninge bespeur is.

Badenhorst het ongemagtigde oordragte gemaak deur kontant in dele van die firma se trustbankrekening na haar persoonlike rekening oor te plaas. Sy het ook die aanmeldbesonderhede van ‘n senior prokureur gebruik om verskeie transaksies te doen wat haar eie bankrekening bevoordeel het.

Die saak is vir vonnisoplegging tot 11 November uitgestel.