[t4b-ticker]

Voormalige Suid-Koreaanse verdedigingsminister in hegtenis, president steeds in pos

Lees ook :

Voormalige Suid-Koreaanse verdedigingsminister in hegtenis, president steeds in pos
Voormalige Suid-Koreaanse verdedigingsminister in hegtenis, president steeds in pos fotokrediet: Canva

Lees ook: Suid-Koreaanse president kan pos kwyt wees oor krygswetbevel

SUID-KOREA. – Die voormalige verdedigingsminister, Kim Yong-hyun, is in hegtenis geneem vir sy rol in die president, Yoon Suk Yeol, se krygswetbevel.

Dit volg na ’n mosie om Yoon uit sy pos te verwyder gisteraand gefaal het toe sy party die stemmery geboikot het. Die party het gesê dit het die stemproses geboikot om “chaos” te vermy en dit sal die krisis op “’n ordelike, verantwoordelike manier oplos”. Volgens die party sal Yoon mettertyd bedank.

Yoon het Dinsdagaand ’n krygswetbevel uitgereik wat hy na ses uur moes opskort toe die parlement teen sy bevel gestem het.

Bronne: Indian Express, DW – South Africa, Daily Tribune

Lees ook: Suid-Koreaanse president kan pos kwyt wees oor krygswetbevel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief