Voortvlugtige wat glo meisie en seun brand in hof

Lees ook :

Foto: Mandla Chris

GAUTENG. – Lerato Sefekeri (45) het Vrydag op twee aanklagte van moord en brandstigting in die Protea-landdroshof verskyn nadat Sandra Mabaso en Oratile Mabaso (6) gesterf het.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder vir die NVG, sê Sefekeri en Mabaso het glo ‘n argument gehad. Sefekeri se suster sê sy het wakker geword en haar broer uit die kamer wat in vlamme gehul was, sien kom. Sy het verder glo gesien hoe haar broer vir Mabaso steek en in die brandende kamer instoot. Die kamer is glo gesluit en die sleutel weggegooi, waarna hy van die toneel gevlug het. Mabaso het op die toneel gesterf en die seun by die hospitaal.

Die saak is vir ‘n formele borgaansoek tot 6 Mei uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief