Vragmotor met bier geplunder

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Hino-vragmotor wat bier vervoer het, is Woensdag in George Sewpersadhstraat in Verulam geplunder toe die bestuurder gestop het na hy ‘n voetganger raakgery het.

Reaction Unit South Africa sê hulle is na die toneel ontbied waar hulle deur die publiek ingelig is die vragmotor het ‘n voetganger raakgery. Nadat die bestuurder stilgehou het om die beseerde voetganger te help, is die vrag geplunder. Die battery van die vragmotor is ook gesteel.

Die vragmotorbestuurder is voor Rusa se aankoms op die toneel reeds na die Verulam-polisiestasie.

Dis onbekend wat die waarde van die vrag was.

Die voetganger, wat lig beseer is, is privaat na ‘n mediese fasiliteit geneem.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief