Vragmotor met bier geplunder

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Hino-vragmotor wat bier vervoer het, is Woensdag in George Sewpersadhstraat in Verulam geplunder toe die bestuurder gestop het na hy ‘n voetganger raakgery het.

Reaction Unit South Africa sê hulle is na die toneel ontbied waar hulle deur die publiek ingelig is die vragmotor het ‘n voetganger raakgery. Nadat die bestuurder stilgehou het om die beseerde voetganger te help, is die vrag geplunder. Die battery van die vragmotor is ook gesteel.

Die vragmotorbestuurder is voor Rusa se aankoms op die toneel reeds na die Verulam-polisiestasie.

Dis onbekend wat die waarde van die vrag was.

Die voetganger, wat lig beseer is, is privaat na ‘n mediese fasiliteit geneem.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief