SUID-KAAP. – ‘n Vragmotor het Donderdag op die N12 (De Rust-pad) by Riemvasmaak in twee huise ingeploeg.
Volgens Oudtshoorn Courant sê inwoners hulle het ‘n geluid gehoor van die ongeluk wat plaasgevind het.
Dit lyk asof, buiten skade aan die huise, slegs die vragmotorbestuurder beserings opgedoen het.
Met plasing van die ongeluk wat gebeur het, het van die lesers dadelik reageer deur te sê die huise is te naby aan die pad geleë.
Diano October sê: “Van daai huise is te naby die hoofpad. Stadsbeplanning is baie power in Oudtshoorn en dit gaan nog lewens eis.”
Chemone Jakobs het saamgestem: “Ek’s baie jammer vir die mense wat nou dakloos gelaat is, maar ek het ookal gedink dat daai huise te na aan die hoofpad is, baie vragmotors ry daagliks daar op en af verby.”
Bron: Oudtshoorn Courant





