NEDERLAND. – ’n Vragskip het gister (Woensdag) naby die kus van Nederland aan die brand geraak.
Lees ook: Olietenkskip bots met vragskip wat natriumsianied vervoer
Die brand het 56 km van die kus van Nederland af in die enjinvertrek van die Victoria L. ontstaan. Geen van die 19 bemanningslede op die skip is beseer nie.
Dit is onbekend wat die brand veroorsaak het. Die brand volg ’n maand na ’n vragskip en olietenkskip in die Noord-See gebots het en ’n groot brand op albei skepe veroorsaak het.
Bronne: Sky News, Daily Mail, The Sun
Lees ook: Olietenkskip bots met vragskip wat natriumsianied vervoer





