TURKYE. – Vredesamesprekings oor die Rusland-Oekraïne oorlog sal vandag na verwagting sonder die Russiese president, Wladimir Poetin, in Istanboel begin.
Hy het ’n lae-vlak afvaardiging gestuur wat deur Wladimir Medinsky, ‘n voormalige Minister van Kultuur, gelei word.
Lees ook: Kremlin sê waarskynlik vandag of Poetin samesprekings in Turkye gaan bywoon
Die Oekraïense president, Wolodomir Zelenski, het gesê hy sal die vergadering bywoon as Poetin teenwoordig is.
Verteenwoordigers van die VSA en Europa gaan ook aan die samesprekings deelneem.
Pres. Donald Trump van Amerika het albei lande aangemoedig om tot ‘n vergelyk te kom. Hy het ook sy frustrasie uitgespreek teen Moskou se voete-sleep oor die onderhandelinge. Die president het gedreig om nuwe sanksies teen Rusland in te stel, sou daar geen betekenisvolle vordering kom nie.
Bronne: The Independent, Gulf News, Sky News
Lees ook: Kremlin sê waarskynlik vandag of Poetin samesprekings in Turkye gaan bywoon





