Vrou 10 j. vir suuraanval tronk toe

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Lethiwe Princess Mthimkhulu (32) is deur die Verulam-streekhof tot 10 jaar tronkstraf gevonnis nadat sy vir Phakamani Phumlani Sibiya (34) gedwing het om suur te drink onder voorwendsel dat “heilige water sy kolon sou skoonmaak”.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder vir die NVG, sê Sibiya het van maagpyn gekla en gevra om kliniek toe te gaan. Mthimkhulu het sy foon gevat en vervoer gereël. Na ‘n halfuur het die vervoer opgedaag, maar dit het met hulle verby die kliniek gery. Mthimkhulu het gesê sy wil eers haar “pa” in Tongaat gaan oplaai. Vir Sibiya is gesê die man wat opgelaai is, onbekend aan hom, gaan “tradisionele medisyne” kry om hom te help.

Hulle het by ‘n plek gestop waar die man uitgeklim het en kort daarna weer teruggeklim het in die voertuig. Hulle is daarna weer terug na Sibiya se huis waar hy op die grond vasgedruk is en gedwing is om suur te drink. Sibiya het met die man baklei, wat toe weggehardloop het. Mthimkhulu het suur op Sibiya se kop uitgegooi, hom net so gelos en in die huis toegesluit. ‘n Vriend het hom later kliniek toe geneem. Mthimkhulu is twee dae later in hegtenis geneem.

As gevolg van die insident moes Sibiya se linkeroor verwyder word en kan hy nie hoor nie en gebruik hy ‘n kolostomiesak. R800 000 is nodig sodat Sibiya plastiese chirurgie kan ondergaan om van sy beserings te herstel.

Mthimkhulu is skuldig bevind aan poging tot moord en is effektief tot 10 jaar tronkstraf gevonnis. Sy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief