Vrou aangeval toe sy sonder brandstof staan

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou (28) het Sondagmiddag sonder brandstof op die Umdloti Beachpad, in Lotusville, gaan staan, waarna sy aangerand en beroof is.

Reaction Unit South Africa sê ‘n oproep vir hulp is net na 18:00 ontvang. Die vrou was onderweg na ‘n vulstasie om brandstof in te gooi, toe haar motor gaan staan. Haar baba (19 mnde.) was ook in die voertuig. Sy het naby die toetsgronde in Verulam gestaan en was besig om telefonies hulp te ontbied. ‘n Verdagte het die voertug genader en die ruit met ‘n klip uitgeslaan. Hy het die vrou se selfoon en geld geëis, waarna hy te voet gevlug het.

“Die vrou het oop wonde aan haar gesig opgedoen. Die kind is ongedeerd.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief