Vrou agter vals stemnota oor beweerde kinderontvoering deur polisie gesoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Die polisie is op soek na ‘n vrou wat ‘n vals stemnota op sosiale media versprei het oor 27 kinders wat kwansuis in Doornkop (Middelburg) ontvoer is.

Kol. Donald Mdhluli sê die beweringe is in ‘n stemnota deur ‘n vrou gemaak wat glo by die ontvoering betrokke is. Sy sê in die boodskap indien die kinders oorhandig word, word ‘n aanbod van R10 m. gemaak.

Die polisie sê daar is nie sulke voorvalle nie, daar is ook geensins so ‘n tipe insident in die provinsie aangemeld waartydens 27 kinders vermis of ontvoer is nie. Daar is ook geen rekord van ‘n vrou wat deur die publiek aangeval is vir kinders wat glo ontvoer is nie.

“It is regrettable that people make a mock out of serious issues of crime, then post, share or forward such sensational content which have no basis of truth other than drawing the attention of unsuspecting and innocent citizens.”

Die individu agter die stemnota word deur die polisie uitgedaag om na vore te kom en die waarheid te praat. Hulle is besig met ‘n ondersoek om die persoon in die stemnota op te spoor en verantwoordelik te hou. Indien enigiemand weet wie en waar die betrokke persoon is, kan die owerhede in kennis gestel word.

Mdhluli sê agterdogwekkende publikasies kan by Hotlineotline@fpb.org.za aangemeld word.

“This type of behaviour tend to be gaining momentum and has become a norm nowdays. What worries us most is the tendency to perpetuate lies about criminality, a phenomenon which is of serious concern to both the state and citizens. It is even worse in this instance because police officers are alleged to be involved in trafficking of children as alluded on the circulated audio. The noble thing to do, is to immediately report to the authorities whenever one suspects that a crime has been committed, or is about to be committed, regardless of whether the one involved is a police officer or not,” sê lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, die provinsiale kommissaris.