Vrou dood in plas bloed aangetref, man gesoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Nkhetheni Mudau (36) is Maandag in Vhembe dood in ‘n plas bloed gevind nadat sy na bewering met ‘n harde voorwerp aangerand is. Die polisie is op soek na haar man.

Brig. Hlulani Mashaba sê die polisie is na die toneel in Thivaloni-woonbuurt ontbied nadat die liggaam van die vrou ontdek is. Die oorledene het beserings aan haar bolyf opgedoen. Tydens die voorlopige ondersoek is bevind daar was dieselfde oggend ‘n argument tussen die vrou en haar man. Daar kon gehoor word hoe ‘n vrou huil en skree. Sy is later dood aangetref.

Die polisie ondersoek ‘n moord waarvan gesinsgeweld as motief nie uitgesluit kan word nie.

Enigiemand met inligting word gevra om sers. Makuya by 082 414 2481 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief