Vrou dood na pitbull-aanval, eienaar in hegtenis

Lees ook :

Fotokrediet vir illustrasie Canva

Melitta Sekole (43) van Limpopo is dood nadat sy glo Vrydagoggend 23 Desember 2022 om ongeveer 05:00 van ‘n woongebied in die Mara-polisiëringsgebied rigting Vivo gestap het waar sy deur twee pitbull terriërs aangeval en verskeur is.

Kol. Malesela Ledwaba, provinsiale polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die honde het haar klere van haar lyf geskeur en haar met mening aangeval. Gemeenskapslede het haar probeer red en het haar in ‘n kritieke toestand na ‘n plaaslike hospitaal geneem.

Sy is later na die provinsiale hospitaal in Polokwane geneem waar sy op 27 Desember aan haar beserings gesterf het.

Nchabeleng Charles Masebe (62), die eienaar van die honde, is vir strafbare manslag in hegtenis geneem.

Hy het in die Senwabarwana-landdroshof verskyn en bly in aanhouding totdat sy saak weer op Donderdag 5 Januarie 2023 voorkom.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief