LANCASHIRE, VK. – Die vrou wat Maandag in die Witton County-park in Blackburn, Lancashire, dood is nadat ’n groot tak op haar geval het, het haar dogter gered deur haar betyds uit die pad uit te stoot.
Lees ook: Vrou dood ná tak in Britse park op haar val
Madia Kauser (32) en haar gesin het Maandagaand die park besoek toe die ongeluk plaasgevind het.
Volgens die Daily Mail het sy met haar dogter (5) in ’n stootkarretjie geloop terwyl haar man, Wasim Khan, en hulle seun (9) voor hulle geloop het. Toe die tak bokant Madia breek en val, het sy haar dogter uit die pad gestoot.
Khan het gehardloop om sy vrou te help, maar kon nie en sy is op die toneel dood verklaar.
Zamir Khan, ’n oom van die familie en die voormalige burgemeester, het gesê die meisie het aan hom gesê haar ma het haar net betyds uit die pad gestoot. Hy het gesê dit is moeilik vir die kinders en hulle pa en dat hulle waarskynlik nie weer na dieselfde park sal gaan nie.
Die boom is intussen afgekap en takke van nabye bome is verwyder.
Bronne: Metro, The Irish Sun, The News UK





