Vrou dood nadat sy ‘gestamp en geskiet’ is

Lees ook :

Foto: IPSS Medical Rescue

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou is Dinsdagoggend op die R102 naby Etete dood toe sy glo gestamp, geskiet en daarna net so gelos is.

Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue en IPSS Search and Rescue sê die diens het op ‘n berig van ‘n skietinsident reageer.

“Aanvanklike rapportering is dat ‘n vrou deur ‘n motoris raakgery is, wat nadat daar in ‘n ander motor vasgery is, teruggkeer het om die vrou te skiet, voordat daar te voet gevlug is.”

Die vrou is op die toneel dood verklaar.

“SAPD en KDM (KwaDukuza-munisipaliteit) was op die toneel en die presiese oorsaak en motief sal aan verdere ondersoek onderhewig wees.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief