Vrou doodgeskiet, kêrel gewond

Lees ook :

Foto: Jessica Jessie Strydom Facebook

OOS-KAAP. – Marlene Prinsloo (27) het Saterdag gesterf toe daar in New Brighton op haar en haar kêrel van ‘n insleepdiens geskiet is.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê die paar het omstreeks 01:50 in die insleepvoertuig by Kings Beach gesit. Hulle is na bewering deur ‘n man genader.

“Die man het hulle ingelig hy het bystand nodig, aangesien sy Toyota Corolla in die seesand vassit en dit uitgesleep moet word.”

‘n Betalingsooreenkoms is bereik en die man is gehelp, maar na die hulp het hy volgens Janse van Rensburg gesê hy het nie geld by hom nie en die paar het hom vir betaling na New Brighton gevolg. Daar was nog ‘n man en twee vroue in die Corolla.

“Toe hulle Shiya Kulatistraat nader, het die bestuurder van die Corolla in Mtiyastraat ingedraai en die voertuig gestop. Die insleepvoertuigbestuurder het ook gestop. Tydens navraag oor betaling is ‘n skoot op die bestuurder geskiet en sy passasier is gewond.”

Die insleepdiensbestuurder het na ‘n privaat hospitaal in Korsten gejaag waar gevind is dat Marlene Prinsloo reeds oorlede is. Die bestuurder is vir mediese behandeling opgeneem.

Janse van Rensburg sê ‘n verdagte (34) is Vrydag by ‘n huis in Joe Slovo tydens die polisie-ondersoek in hegtenis geneem. Hy is van moord en poging tot moord aangekla.

“Die ondersoek duur steeds voort, en nog arrestasies is op hande.”

Die verdagte sal vandag op aanklagte in die New Brighton-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief