Vrou doodgeskiet voordat verloofde vuurwapen op homself rig

Lees ook :

Foto: Retha van der Merwe Facebook-blad

VRYSTAAT. – Retha van der Merwe (61) is Dinsdagaand in ‘n huis in Universitas doodgeskiet. Neilen van Breda, haar verloofde (63) het homself ook om die lewe gebring.

Sers. Mahlomola Kareli sê Parkweg-polisie is omstreeks 21:38 na ‘n klagte oor ‘n skietery.

Deur die venster kon polisielede die manspersoon op ‘n bed sien lê. Hy het ‘n skietwond naby sy regteroor gehad en ‘n vuurwapen was in sy regterhand.

Kareli sê lede het die huis binnegegaan en die vroulike oorledene in die kombuis met ‘n skietwond in die kop en twee in die lyf, aangetref.

Parkweg-polisie ondersoek ‘n saak van moord en ‘n geregtelike doodsondersoek.

Die name van die slagoffers was nie in die polisie se uitgereikte verklaring nie.

Volgens Veldbrand Radio, was Van der Merwe ‘n musiekonderwyseres by die Primêre Skool Universitas en die eienaar van twee gastehuise, Che La Moir en Chic Breeze. Sy laat twee dogters, Jolinda en Emmari agter.

Primêre Skool Universitas – Tjokkies het die volgende sosialemediaboodskap gedeel:

Dit is met groot hartseer dat ons die volgende nuus deel.

Ons innige simpatie aan die familie en geliefdes met die afsterwe van ons geliefde Juf. Retha van der Merwe. Ons harte is só seer! Ons bid vir almal gedurende hierdie moeilike tyd.

Jou mooie kitaarklanke sal vir altyd in ons Tjokkie-harte bly weerklink. ❤️

Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief