Vrou en 11 wat ‘vals bankrekeninge in Rosedale oopmaak’ vasgetrek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – Janine Uslin van der Westhuizen (35) het Maandag op aanklag van bedrog in die landdroshof verskyn Nog 11 verdagtes wat glo medepligtig was, is ook vasgetrek.

Volens sers. Omphile Masegela het die vrou, wat van Johannesburg af kom, op 7 Februarie op Upington aangekom en lede van die publiek glo oortuig om bankrekeninge oop te maak en dit daarna aan haar te verkoop.

Die Rosedale-polisie het ‘n wenk ontvang en die verdagte glo met bankkaarte en meer as 15 selfone in haar besit in hegtenis geneem. Vermoedelik is die selfone in die uitvoering van misdade op 17 Februarie gebruik.

Van der Westhuizen het Maandag in die hof verskyn toe die saak tot gister uitgestel is. Sy en elf inwoners van Rosedale, wat aan die bedrogsake verbind word, het weer gister voorgekom. Die verdagtes was deurentyd in aanhouding.

“Die gemeenskap word gemaan om te waak om nie medepligtig aan of slagoffers van sulke misdade te word nie.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief