Vrou en kinders tydens kaping in Phoenix beroof

Lees ook :

Foto: KZN VIP Protection Service

KWAZULU-NATAL. – ’n Vrou en haar drie kinders is Vrydagaand buite ’n eiendom in Ivernham, Phoenix, met vuurwapens gekonfronteer en van hul voertuig beroof.

KZN VIP Protection Service sê volgens ‘n sosialemediaplasing het die voorval net ná 20:20 plaasgevind toe dié diens se reaksiebeamptes met ‘n paniekalarm na Ivernhamrylaan ontbied is. Met aankoms is bevestig dat ’n kaping buite die eiendom plaasgevind het. Die slagoffer het verduidelik sy het pas ’n leerling afgelaai toe ‘n VW Polo,waarvan die registrasienommer en kleur onbekend is, haar voertuig versper het. Vier gewapende verdagtes het glo uit die voertuig geklim, haar met ’n vuurwapen gedreig en haar en haar kinders beveel om uit te klim. Die verdagtes is toe met haar voertuig en ’n onbekende aantal waardevolle items weg.

Niemand is beseer nie. KZNVIP het onmiddellik ’n soektog in die omgewing geloods, maar die voertuig is nie opgespoor nie. Die polisie is ingelig en ondersoeke duur voort.

Die gekaapte voertuig is ’n grys Hyundai i20 met registrasienommer C3 OP FG ZN.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief