KWAZULU-NATAL. – ’n Vrou in haar sestigs en vermoedelik haar seun in sy dertigs, is Woensdagaand in ‘n skietvoorval in Sarniaweg, net voor Stellaweg in Hillary doodgeskiet.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die diens het kort voor 20:00 talle oproepe oor die skietvoorval ontvang. Paramedici het lede van die polisie op die toneel aangetref. Hulle is na die huis geneem waar twee persone met skietwonde aan hulle koppe gevind is. Albei is ondersoek, maar het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.
Jamieson sê volgens die polisie is die oorsaak van die skietvoorval onbekend, maar dit word ondersoek.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





