Vrou gevonnis nadat sy tweelingsuster opkap

Lees ook :

Tshepho Mogoshadi Mphahlele Foto: SAPD en CANVA

LIMPOPO. – Tshepho Mogoshadi Mphahlele (35) is 15 jaar gevangenisstraf opgelê nadat sy haar tweelingsuster in Januarie vanjaar doodgesteek en opgekap het.

Skokkende getuienis is in die Mokopane-streekshof aangehoor. Die moord het na’n rusie tussen die twee susters gevolg. Mphahlele het haar suster met ‘n mes gesteek totdat sy dood was. Daarna is haar liggaam met ’n byl opgekap voordat Mphahlele van die toneel af gevlug het.

Brig. Hlulani Mashaba, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagte is in hegtenis geneem nadat sy haarself twee dae na die moord by die Moletlane-polisiestasie oorgegee het.

Die moord het op 18 Januarie 2023 in die GaMogotlane-nedersetting plaasgevind.

Bronne: IOL, Times Live, Twitter

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief