Die vrou wat glo verlede maand deur KZN-paramedici agtergelaat is, is gister in die Prince Mshiyeni-gedenkhospitaal oorlede.
Die familie het aan Eyewitness News bevestig Thembeka Sikhosana (38) is oorlede.
Sikhosana is glo deur die paramedici agtergelaat toe hulle geweier het om trappe te klim en toe gery het na hulle gekla het haar familie “vat te lank” en “mors hulle tyd”. Sy is daarop deur haar bure na die hospitaal geneem.
Die paramedici is sedertdien geskors. Sikhosana se familie het aan EWN gesê hulle is nie seker wat die oorsaak van haar dood was nie.
Bronne: EWN, Flipboard, Head Topics, The Africa
Lees ook: Umlazi-vrou glo deur paramedici in kritieke toestand agtergelaat
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: