Vrou glo met byl gekap toe sy kêrel konfronteer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Vrou (26) van Mautse, naby Rosendal, het op 2 Julie ‘n saak van gesinsgeweld by die polisiestasie aangemeld nadat sy uit ‘n hospitaal ontslaan is. Sy is glo deur haar kêrel met ‘n byl oor die kop gekap.

AO Mmako Mophiring sê die vrou is na bewering omstreeks 19:00 op 27 Junie na haar kêrel se huis toe waar sy hom glo saam met ‘n ander vrou in die slaapkamer betrap het. Sy het hom gekonfronteer, waarop hy haar gestamp en beledig het. Volgens haar het hy ‘n mes gehad wat sy van hom kon afneem. Hy het daarna glo ‘n byl gevat en haar oor die kop gekap en haar ook gewurg. Sy kon haar huis haal, waar ‘n ambulans ontbied en sy vir mediese behandeling na ‘n hospitaal gehaas is.

Die Rosendal-polisie het die man (48) op ‘n aanklag vn poging tot moord in hegtenis geneem.

Die verdagte verskyn vandag in die Ficksburg-landdroshof.  

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief