Lees ook: Twee verdagtes in hegtenis vir poging tot moord
BOHLOKONG, VRYSTAAT. – ’n Vrou (37) is in hegtenis geneem na haar man (42) op 1 Januarie doodgeskiet is.
Die polisie het die man se liggaam op 1 Januarie in die straat gevind met koeëlwonde aan sy gesig. Hy is deur sy familie uitgeken.
Die polisie het die vrou in hegtenis geneem. Sy sal Maandag in die Bethlehem-landdroshof verskyn op aanklagte van sameswering om moord te pleeg. Die motief vir die moord is onbekend.
Bronne: SAPD