Lees ook: Ramaphosa vra vir pandemie-ooreenkoms oor a-pokke
MEMPHIS, VSA. – ’n Vrou wat Elvis Presley se Graceland-herehuis in Memphis probeer opveil het, is in hegtenis geneem.
Lisa Jeanine Findley het beweer Presley se dogter het $3.8 m. geleen en het Graceland as kollateraal vir die lening aangebied voor sy dood is.
Findley het daarn gedreig om Graceland te verkoop as die Presley-familie haar nie $2.85 m. betaal as ’n skikking nie.
Presley se kleindogter het Findley gedagvaar en kon die veiling verhoed. Findley het toe beweer die persoon verantwoordelik vir die dreigemente is ’n Nigeriese identiteitsdief.
Bronne: News STV, Vanity Fair, Billboard





