Lees ook: Transitorooftog in Bloemfontein
GQEBERHA. – ’n Vrou (43) is in hegtenis geneem vir meineed en regsverydeling na sy glo ’n vals verkragtingsaak teen polisiebeamptes gemaak het.
Die vrou se kêrel het Vrydagaand die polisie gebel na hulle ’n argument gehad het terwyl hulle saam met hulle vriende gedrink het.
Die vrou is deur die polisie by haar huis afgelaai. Sy het teruggeloop na haar kêrel se huis en gesê die polisiebeamptes het haar verkrag. Sy is na ’n krisissentrum geneem en ’n saak van verkragting is oopgemaak.
Tydens die ondersoek het sy erken sy het gelieg om haar kêrel ’n les te leer. Sy is gister in hegtenis geneem. Sy sal na verwagting vandag in die New Brighton-landdroshof verskyn.
Bronne: SAPS
Lees ook: Transitorooftog in Bloemfontein





