Vrou ‘met baksteen doodgeslaan’ – huishoudelike geweld veroordeel

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Vrou (68) is Sondag omstreeks 04:00 in die Ramotshinyadi-woonbuurt dood nadat sy glo deur haar kêrel met ‘n baksteen teen die voorkop geslaan is.

Kol. Malesela Ledwaba sê na bewering het die oorledene se kêrel tuisgekom terwyl sy geslaap het. ‘n Onderonsie het plaasgevind waartydens sy met ‘n baksteen teen die voorkop geslaan en sy inmekaargesak het. Sy is deur nooddienste na ‘n hospitaal gehaas, maar is met aankoms dood verklaar.

Die verdagte is opgespoor en in hegtenis geneem en sal binnekort vir ‘n aanklag van moord in die Tzaneen-landdroshof verskyn.

Genl. maj. Jan Scheepers, die waarnemende provinsiale kommissaris, het die huishoudelike geweld wat tot die dood van die vrou gelei het ten sterkste veroordeel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief