Vrou na agt jaar met hond herenig

Lees ook :

OHIO. – ’n Vrou is weer met haar hond herenig nadat hy agt jaar gelede as ’n klein hondjie tydens ’n huisbraak gesteel is.

Julia Nemeth het nooit opgegee sedert haar hond agt jaar gelede gesteel is nie. Sy het elke dag deur foto’s van honde by diereskuilings gegaan, op soek na Junior. Nemeth het middel Desember ’n foto van Junior, toe bekend as Buddy, op Humane Society of Summit Country se webtuiste gesien.

Haar dadelik herken

Nemeth het dadelik vir Buddy gaan ontmoet. Hy het haar dadelik herken en haar begin lek. Buddy het tot opdragte, wat sy hom as ’n klein hondjie geleer het, uitgevoer. Die volgende dag het haar kinders hom ook ontmoet en hy is daardie dag weer saam met hulle huis toe. Volgens die skuiling het Junior nooit by ander families aangepas nie. Hy was drie keer aangeneem en teruggebring.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief