Vrou op kleinhoewe in Kameeldrift vermoor

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Carolina Frederika Dicks is verlede Woensdagnag in haar woning op ’n kleinhoewe in Ringduifstraat, Kameeldrift, vermoor aangetref.

Ian Cameron, voorsitter vir die portefeuljekomitee oor polisie, lid van die parlement en misdaadaktivis, sê in ‘n sosialemediaplasing Dicks se voertuig en huishoudelike items is gesteel. Hy het voorts innige meegevoel met haar familie en vriende uitgespreek. Cameron het die inligting van die Kameeldrift-gemeenskapspolisiëringsforum ontvang. Die polisie het ’n ondersoek van stapel gestuur.

“Bly waaksaam, kyk uit vir mekaar en werk saam om gemeenskapsveiligheid te versterk. In ’n noodgeval, roep hulp op Zello en bly in kontak met jou bure – hulle is jou eerste lyn van ondersteuning.”

Nuusflits het polisiekommentaar gevra.

Jacques Broodryk, AfriForum se gemeenskapsveiligheid-woordvoerder, het die volgende plaasaanvalle op sosiale media bekend gemaak:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief